Tuesday, 17 September 2013

Hoe ek hulle klein hartjies gesteel het

In vandag se samelewing probeer ons almal om 'n verskil te maak deur terug te ploeg waar ons kan maak nie saak hoe groot of hoe klein dit mag wees nie.Een oggend sit ek diep in gedagte en wonder hoe ek 'n verskil kan maak en wat ek kan bid aan diegene wat minder bevoorreg is. Geld het ek nie om te gee nie dus moes ek met 'n ander alternatief voorendag kom, iets wat hulle harte sal laat oopgaan en sal by bly vir 'n leeftyd. Skielik tref dit my soos 'n weerstraal! Hoekom doen ek nie die een iets waarvoor ek die grootste liefde het nie? Ek besluit toe dan en daar dat ek gaan kollewyntjies maak vir die weeskinders in die weeshuis en om dit ekstra spesiaal te maak gaan ek 'n foto van elke kind op hul kolwyntjie sit.

Die dag toe ek by die weeshuis instap en die kindertjies voor my sien was ek oorstelp met vreugde veral toe ek sien hoe in hul skik hulle was oor hulle eie persoonlike kolwyntjie. Oral waar ek gekyk het was gelukkige gesiggies en bree glimlaggies en my hart het net daar gesmelt.

Ek het dadelik geweet dat ek hulle harte gesteel het en 'n goeie nagedagte sal laat en dit alles deur my groot liefde en passie vir bak.



1 comment:

  1. Enkele opmerkings:

    1. bid aan diegene - kan bid vir diegene
    2. voorendag - vorendag
    3. weerstraal - weerligstraal
    4. kollewyntjies - kolwyntjies
    5. bree - breë

    ReplyDelete