Wednesday, 28 August 2013

'n leeftyd op die lippe

Dit het begin as 'n doodgewone stokperdtjie, nooit het ek geweet dat dit in 'n passie sou verander. 


Ek is 'n dood gewone meisie wat gehou het van bak. Ek het kolwyntjies, flapjacks, wafels en enige soet goed gebak net om die drang te stop. Ek was bereid om elke resep te probeer net om te kyk watter een vir my die beste was. Eendag toe besluit ek en my vriendin om ons eie kombinasie te probeer, ek het baie gemengde gevoelens gehad oor die resultate, tot my verbasing was dit perfek. Vanaf daardie dag ek gek oor koek bak. Dit voel asof ek nie genoeg kan kry nie, ek het die groot passie binne my wat net wil uitbars. Ek bak vir verjaar dae, funksies en somer net vir pret.


Onlangs het ek probeer om rooi fluweel kolwyntjies vir my 21ste verjaarsdag te probeer want dit is my gunsteling. Ek het my tyd gevat met elke bestandeel en besonderhede want ek wou he dit moet perfek wees.


Dit was my beste geskenk want my rooi fluweel kolwyntjies was die mooiste ooit